Koos is gebore in die Colesberg Distrik en het blykbaar daar gewoon tot 1851/52 toe hulle na die Vrystaat verhuis. Twee van die kinders se geboorteplekke word in 1847 en 1849 aangedui as die Wyk Middenveld van die Distrik Colesberg. Dit was die noord-oostelike wyk van die Distrik wat aan die Oranjerivier gegrens het.
Baie van die inwoners van die Kaapkolonie wat in die omgewing van die Oranjerivier gewoon het, het vir baie
jare oor die rivier getrek om weiding daar te verkry. Hulle was die sogenaamde Trekboere wat meesal getrou
gebly het aan die Kaapse Regering en daaraan ondergeskik wou wees. Koos en Anna se dogter Maria Cornelia is
op 25 Junie 1839 te Kromdraai in die Fauresmith Distrik gebore, wat daarop dui dat Koos ook moontlik ‘n
Trekboer was. Dit wil dus voorkom asof Koos-hulle in die gebied noord van Colesberg gewoon het. Sy moeder is op die plaas Nachtschaalsfontein in die Wyk Onder-Seekoeirivier oorlede. Volgens bepaalde bronne het Koos in 1852 uit die distrik Colesberg verhuis en hom gevestig op De Hoop aan die Kaalspruit in die Wyk Kafferrivier naby Bloemfontein23. Hulle doop egter hulle dogter Hester Sophia op 23.2.1851 in die NGKerk Winburg. Winburg was in die Voortrekker gedeelte van die OVS en heelwat noord van
Koos-hulle se gewone omgewing. In 1862 verhuis hy na Broekpoort in die distrik Bethulie, waar hy woon tot sy dood.
Koos Venter het ’n groot rol gespeel in die vroeë Oranje Vrystaat en in die Gereformeerde Kerk in die Vrystaat.
Hy is gebore in 1814 en was 74 jaar en 10 maande oud toe hy in 1899 oorlede is. Hy was ‘n politikus, boer en
kerkman. Daar is in heelwat bronne na hom verwys. Die oogmerk is nie om al die inligting wat opgespoor is,
hier weer te gee nie, maar om ‘n beeld van Koos, sy optredes en opvattings oor te dra.
Die 18-jarige Koos trou in 1833 met die 13-jarige Hester1
du Plessis. Sy is gebore in 1819 en is oorlede in 1834
toe sy 14 jaar oud was. Hulle was ’n jaar lank getroud en het nie kinders gehad nie.
Koos trou weer op 20-jarige leeftyd met Anna2
van Vuuren wat toe 16 jaar oud was. Sy is gebore in 1818 en word 39 jaar oud voordat sy oorlede is in 1857. Hulle het elf kinders gehad.
Daarna trou Koos op 43-jarige leeftyd met (die weduwee Swanepoel) Elsje Lombard wat toe 31 jaar oud was.
Sy is gebore in 1826 en word 87 jaar oud voordat sy oorlede is in 1913. Hulle het ses kinders gehad.
Koos was een van die Colesbergse Doppers wat hom in die suidelike Vrystaat gevestig het. Godsdienstige en
kerklike sake het baie swaar by hom geweeg en na sy mening het daar in die Kaapse kerk ‘n vrysinnigheid
posgevat en is kerklike gebruike na willekeur verander
Van die begin af was Koos Venter aktief in die kerklewe in die Vrystaat. Eers was dit as lidmaat van die
Nederduits-Gereformeerde Kerk in Bloemfontein. Ds. Andrew Murray was reeds sedert 1849 die predikant in
Bloemfontein. Op 21 Augustus 1855 is Ds. Murray onthaal na sy terugkeer na die Vrystaat en was Koos Venter,
Lid van die Uitvoerende Raad, saam met ander hooggeplaasdes teenwoordig. By die geleentheid het Koos ook opgetree en spreek waardering uit vir die agting aan “… zynen geliefden Leeraar bewezen".48 Ook toe die
hoeksteen van die “Kweekschool” op 13 Oktober 1856 gelê word, tree Koos weer op . Koos Venter was egter die enkele persoon wat die grootste bydrae gelewer het tot die stigting van die Gereformeerde Kerk in Mei 185950 in die Vrystaat. Hy was die onbetwiste leier van die Doppers in die Vrystaat en ook ‘n spreekbuis van die Doppers in die Overvaal, Vrystaat en Noord-Oos Kaap. Om Koos se rol ten opsigte van kerksake te volg, is dit nodig om eers die drie kerklike denominasies wat betrokke was, te identifiseer:
• Die Nederduits Gereformeerde Kerk (NGKerk) was die kerk wat vanaf 1652 aan die Kaap gefunksioneer het en waarna ook vroeër as die Gereformeerde Kerk verwys is. (Die naam van die Kaapse Kerk was sedert 1824 die Nederduitsch Hervormde Kerk51) Op 6 Mei 1849 is Ds. Andrew murray as predikant van die NGKerk in Bloemfontein bevestig en hy dien daar tot 1860.
• Die Nederduits Hervormde Kerk (NHKerk) was ‘n voorsetting van die naam van die kerk in die
Kaapkolonie, maar het sy selfstandige ontstaan in die Transvaal gehad. Daar het ‘n verwydering tussen
die Kaapse kerk en die Voortrekkers ontstaan omdat Kaapse predikante nie die Voortrekkers wou bedien nie en nie een van die predikante predikant onder die Trekkers wou word nie. Die eerste gemeente in die Transvaal is in 1842 te Potchefstroom gestig. Ds Dirk van der Hoff het in 1853 die Nederduits Hervormde predikant in Potchefstroom geword. 52 Die kerk was in die Zuid-Afrikaansche
Republiek die Staatskerk. • Die Gereformeerde Kerk (GK) wat op 11 Februarie 1859 te Rustenburg gestig is en waarvan Ds. Dirk Postma die eerste predikant was. Baie van die sogenaamde Doppers het hul heenkome in die kerk
gevind. Die gemeente Reddersburg word ook in 1859 in die Vrystaat gestig en in 1860 die gemeente Burgersdorp in die Kaapkolonie. In die eerste helfte van die negentiende eeu het ‘n groep baie konserwatiewe en streng godsdienstige53
trekboere ontstaan in die Noord-Oos Kaap. Hulle was in verset teen tendense wat hulle in die Kaapse kerk – die
Nederduits Gereformeerde Kerk – opgemerk het. Hierdie mense is Doppers genoem
Koos was baie aktief in die politieke lewe in die Vrystaat en sy naam kom dikwels voor in die literatuur oor die Vrystaat van daardie tyd. Koos Venter was geesdriftig oor die onafhanklikheid van die OVS. “Hy was inderdaad sy lewe lank 'n toonbeeld van vinnige, hals-oor-kop beweeglikheid en gloeiende offensief, waarin sy beeldryke taal hom 'n aansienlike hulp gewees het. Koos het vergaderings gehou om die bevolking te oortuig om onafhanklikheid te aanvaar.
Hy het ’n memorie opgestel en dit is geteken deur 82 ondersteuners in die suide van die OVS. Daarin word die
Britse Regering versoek om die land te beskerm of om dit te verlaat. Hy het die memorie op 26 November 1853 aan Sir George Clerk, wat die Britse onttrekking moes bestuur, oorhandig. In die Engelse pers in die Vrystaat is hy heftig aangeval en as bekrompe bekou. Op 28 Maart 1854 vergader die eerste Volksraad en Koos Venter is een van die verkose lede daarvan.Op 10 Februarie 1855 bedank President Hoffman en Koos Venter word as voorlopige Staatspresident verkies. Op 15 Februarie 1855 neem die Volksraad sy besluit in hersiening en wys ’n Kommissie aan wat alle staatsbelange moet behartig totdat ’n nuwe President gekies is. Koos Venter word aangewys as die voorsitter van die Kommissie. Hy onderhandel suksesvol met Mosjesj en ’n ooreenkoms word gesluit. Op 29 Augustus 1855 word ’n mosie van vertroue deur die Volksraad in Koos aangeneem.
Toe die President in 1859 vyf maande verlof gekry het, is E Snyman as Waarnemende President gekies met 16
stemme, terwyl J J van Rensburg ses stemme gekry het en Koos Venter 4.143 Koos het in 1859 sy steun aan Boshof onttrek toe Boshof ten gunste van federasie met die kaapkolonie raak144. In Maart 1859 besluit Boshof om te bedank as president. Koos Venter is as die Volksraad se kandidaat vir President benoem met 16 stemme teen die ses vir E R Snyman en een vir J N Boshof.146 Die verkiesing van ’n nuwe president het sy verrassing opgelewer toe die uitslag op 15 Desember 1859 bekendgemaak is. M W Pretorius behaal 1 282 stemme, E R Snyman 191, H Cloete 82 en Koos Venter 29.147 Daar moet egter in ag geneem word dat dit dieselfde jaar is waarin Koos intiem gemoeid was met die stigting van die Gereformeerde Kerk in die Vrystaat. Daar was ook steeds ‘n beweging vir federasie met die Kaap. Koos Venter en J A Vorster, Volksraadslede, het in hul hoedanigheid as burgers van die OVS ‘n brief aan die Kaapse Regering geskryf waarin hulle beswaar maak
teen enige vorm van federasie met die Kaap. In 1860 breek hieroor ‘n storm los in die Volksraad. Die Volksraad was baie ontsteld en die twee is ernstig aangespreek en gesensureer omdat hulle die Volksraad in verleentheid gebring het. Koos Venter, J N Uys en J Klopper was lede van ‘n verdere Verenigingskommisie wat op 15 September 1860 met die Transvaalse Uitvoerende Raad in onderhandelings tree. Daaruit spruit ‘n ooreenkoms oor die grens tussen dit Transvaal en die OVS. Oor vereniging word daar egter nie gevorder nie vanweë ‘n waarskuwing van Sir George Grey, die Kaapse Goewerneur. Die Transvaalse Uitvoerende Raad het aangedui dat daar nie oor vereniging enige uitsluitsel gegee kan word voordat die volk geraadpleeg is nie. Daar sou egter toegesien moet
word dat die Sandrivier Konvensie (wat Transvaal se onafhanklikheid waarborg) nie in gedrang gebring word
nie. Intussen sou die nouste vriendskap tussen die twee state bestaan en sou hulle mekaar se regte verdedig.151
Alhoewel Koos nie veel skoolopleiding gehad het nie, is hy in 1861 tot voorsitter van die appèlhof verkies. Daar
was regsgeleerdes beskikbaar, maar Koos word verkies. Hy aanvaar nie die benoeming nie. President Pretorius was dikwels afwesig uit die OVS en die Uitvoerende Raad moes die meerdere verantwoordelikheid vir staatsake aanvaar. Gedurende 1862 was die lede Marthinus Steyn, Koos Venter en A J Erwee.153 Vanaf 25 Junie 1862 is Koos weer aangestel as Waarnemende President. Nadat M W Pretorius op 1 Oktober 1862 bedank as Vrystaatse President om in die Transvaal te gaan help, word hy oorreed om sy bedanking terug te trek. Op 5 Maart 1863 bedank hy finaal as President156 en Koos word weer aangestel as Waarnemende President. Tydens President Brand se afwesigheid met verlof in 1869 het Koos weer waargeneem as President. Dit was blykbaar die laaste keer dat Koos as President waargeneem het. Toe Brand in 1872 weens ’n baie ernstige nieraandoening nie met sy pligte kon voortgaan nie, is die goewermentsekretaris F K Höhne ingesweer as tydelike president. Later is besluit om ’n kommissie aan te stel om Brand se werksaamhede oor te neem tot hy herstel het. Die kommisie het bestaan uit F P Schnehage, W W Collins en G du Toit. Dit is tydens die bewind van President Brand dat Koos Venter se lidmaatskap van die Volksraad eindig in 1881 toe hy nagenoeg 67 jaar oud is.
Koos Venter die politikus
Een van die groot bedreigings vir die bestaan van die Vrystaat was die Basotho onder Mosjesj. Daar is etlike
verwysings in die bronne daarna dat Koos ‘n suksesvolle onderhandelaar met Mosjesj was. In die Pelissier Museum in Bethulie is daar ‘n koerantknipsel sonder datum of bron waarin ‘n kleinseun van Koos vertel oor sommige van sy onderhandelings. By geleentheid het Mosjesj glo gesê dat sodra hy hout opmekaargepak het om die vuur aan te steek, Venter kom en alles weer uitmekaarskop. By ‘n ander geleentheid het Mosjesj Koos gevra of Koos weet dat hy Koos se lewe in sy hande het. Koos het glo opgestaan, sy bors ontbloot en aan Mosjesj gesê dat hy hom kan steek met sy assegaai, maar dat dit nie ‘n einde aan die moeilikhede sou bring nie. Dat Koos met sy beslisde opvattings midde in die omstredenheid van die Vrystaatse politiek gestaan het, sou baie later nog tot meningsverskille lei.
Die “gesalfde koning” van die Vrystaat
In een bron word verwys na Koos as “... the anointed ‘King’ of the Free State ...”166. Daar is in verskeie bronne
verwysings na die vermeende “salwing” van Koos.
H. A. L. Hamelberg het ‘n dagboek bygehou en daarin ook enkele brokkies oor Koos vertel. Op 22 September 1856173 teken Hamelberg aan dat hy en ene De Jong Bloem na Koos se plaas, wat meer as twee uur te perd uit Bloemfontein
was, gery het. Hy verwys na Koos as boer, lid van die Volksraad en lid van die uitvoerende komitee. Hy vertel dat Koos se woning uit een kamer bestaan. Daar
is ook twee ander woningtjies en in een word die onderwyser gehuisves. Die onderwyser moes Koos se kinders onderrig en is, benewens kos en huisvesting,
£75 betaal. Hamelberg vertel dat hulle gesels het oor beskawing en dat Koos toe gesê het dat daar twee soorte beskawing is: God het ‘n skaaf en die duiwel het ‘n skaaf en elk van hulle skaaf met sy skaaf. Op die wyse is daar ‘n goddellike beskawing en ‘n duiwelse beskawing. Hulle eet die middag by Koos skaapvleis en brood. Elkeen het sy sakmes uitgehaal en die vleis gesny. Die brood is gekrummel in ‘n kommetjie melk en hulle eet dit met ‘n lepel. ‘n Paar jaar later vertel Hamelberg op 17 Maart 1858174 dat een van die lede van die Volksraad, Koos Venter, meermale “... krachtige uitdrukkingen ...” gebruik. Hy haal dan die volgende voorbeeld aan: “Ik zal hem schieten, dat hij barst – Ik zal hem een’ oorkonkel geven dat zijn hartslag hem voor de voeten valt – Ik zal hem schieten dat zijne hersens tegen den muur spatter.”
In ‘n boek oor die Kommandant-Generaal van die Vrystaat, J. L. J. Fick, word soos volg vertel oor Koos: “Koos
Venter, 'n lid van die Uitvoerende Raad, is toe tot Waarnemende President aangestel. Hy was 'n eienaardige
figuur wat altyd 'n kort baatjie gedra het tot die al heeltemal verslyt en verbleik was. Sy vriende, o.a. komdt. Fick het toe vir hom 'n manel gekoop en present gegee om by plegtige geleenthede aan te trek"175. Hierdie voorval het blykbaar voor die verkiesing van President Boshof plaasgevind.
Daar word vertel dat Koos se vrou, Elsje, die gewoonte gehad het om wanneer daar besoekers vir hom was, oor
die onderdeur van die voorhuis te leun en dan met ‘n skril, deurdringende stem hard te roep: “President, Pre –
si – dent kom huis toe, hier is mense wat jou wil spreek.”