ABW Daniel is gebore in 1884. Hy was ’n onderwyser en boer. Hy boer tot na 1926 op sy ouers se plaas Kleinfontein.. In 1906 trou die 21-jarige Daniel met Martie Kruger wat 17 jaar oud was. Martie is gebore in 1888. Daniel was net jonger as 15 jaar toe die Anglo-Boere-oorlog uitbreek. Nadat hy aanvanklik in die Konsentrasiekamp saam met sy moeder was, was hy op Kommando.