Stephanus Petrus is gebore op 19 November 1886 en hy is gedoop in die Gereformeerde Kerk Bethulie op 2 Januarie 1887. By sy doop word die ouers aangegee as Sarel Jacob Venter en J S M D de Cock. Stephanus Petrus se naam kom nie voor in die Springfontein Konsentrasiekamp se register waar sy ma en die kinders wat saam met haar in die kamp was, aangeteken is nie. Sy naam kom ook nie op die sterfkennisgewings van Sarel en Hannie voor nie. Dit is dus heelwaarskynlik dat hy vroeg oorlede is.